Die meerderheid gelowiges sukkel met die Bybelse figuur van Jakob as hulle sy lewe in die privaatheid van hulle gedagtes oordink. Die basiese vraag wat gevra word, is dit: Hoe kan ‘n dief, ‘n leuenaar, en ‘n lafaard beskou word as die vader van God se Volk, Israel?

Die blinde, bejaarde Isak het twee verskillende seëninge vir sy seuns in plek gehad.  Een was die seën van die eersgebore seun, wat vir Esau voorberei was en die ander was die seën van Abraham wat vir Jakob voorberei was. Die eerste was ‘n algemene seën van voorspoed en mag, maar die tweede het te doen gehad met die spesiale seën van Abraham:

“En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word. En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.” (Genesis 28:3-4, Ou Vertaling)

Jakob se plek in die verbond was nie gebaseer op die seën wat hy gesteel het nie, maar op die seën wat Isak vir hom gegee het voordat hy na Padan Aram vertrek het. In werklikheid, het Jakob (met sy terugkeer vanaf Haran en voordat hy vir Esau ontmoet het) vir Esau herstel gestuur, deurdat hy eerbaar die sonde van sy jeug erken het.  Sodoende, het hy dit wat hy vanaf Esau gesteel het aan Esau terugbesorg. (Genesis 32:1 – 21).  Voordat Jakob vir Esau ontmoet het, het Jakob se ontmoeting met die Engel van die Here hom in staat gestel om sy vrese te oorkom. (Genesis 32:22 – 30).

Tydens sy leeftyd, het Jakob die teenoorgestelde ondervind van dinge soos beskryf in die gesteelde seën (voorspoed en mag) en terselfdertyd, het sy lewe ontvou in ooreenstemming met die groot verbondsseën wat Isak aan hom gegee het. (Genesis 47:9).  Voorspoed en mag het aan Esau behoort (Genesis 27: 28 – 29), maar God het aan Jakob die seën van Abraham belowe – ‘n ewige erfenis van kinders en die land (Genesis 28:1 – 5).

BEGIN YOUR JOURNEY OF DISCOVERY

LEAVE A REPLY

Please enter your name here
Words left: 50
Please enter your comment!