Jesus se verklaring word gewoonlik aangeneem om te beteken dat, vanaf Christus vorentoe, ‘n gelowige nie toegelaat word om ‘n eed af te lê nie. In plaas daarvan, moet hy of sy slegs eerbaar wees. Net soos talle ander stellings, het hierdie stelling ook ‘n eie konteks.
“Maar Ek sê vir julle: Moet glad nie ‘n eed aflê nie, nie by die hemel nie, want dit is die troon van God; nie by die aarde nie, want dit is die rusplek vir sy voete; nie by Jerusalem nie, want dit is die stad van die groot Koning. . . . Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê word as dit, kom van die Bose.” (Mat. 5:34-37, Nuwe Vertaling)
Om ‘n eed af te lê, was meestal nie in die Naam van God gedoen nie. Derhalwe was dit beskou as minder bindend en heel teen die gedagte, om die belofte wat gemaak is, te waarborg. In Numeri 30:2 (Nuwe Vertaling), lees ons egter: “As iemand aan die Here ‘n gelofte doen of met ‘n eed ‘n verpligting op hom neem, mag hy sy woord nie breek nie; hy moet hom aan alles hou wat hy beloof het.” Hierdie is die basiese betekenis daarvan om nie God se Naam ydelik te gebruik nie (Eks. 20:7). Pleks daarvan om iets nuuts aan te bied, herroep Jesus dit wat reeds deur die Tora bepaal is.
Meer klaarheid word geopenbaar wanneer ons lees dat: “. . . elkeen wat by Hom sweer, sal hom beroem; want die mond van die leuensprekers sal gestop word” (Ps. 63:12, Ou Vertaling). Selfs die apostel Paulus, toe hy deur sy vyande beskuldig is dat hy groot boosheid in die aangesig van God doen, het die Here aangeroep om sy getuie te wees dat hy die waarheid praat (Gal.1:20).
Die uiteinde hiervan is, om ‘n eed af te lê, moet slegs tot buitengewone omstandighede beperk word. Indien iemand ‘n eed aflê, moet hy of sy, slegs sweer by die Here God Homself. Niks anders sal doen nie.