ʼn Skrifgedeelte wat vir die meeste volgelinge van Christus ‘n raaisel bly, is dié in die twintigste hoofstuk van die Johannes-evangelie waar Jesus ná sy opstanding vir Maria waarsku om hom nie aan te raak nie, maar ʼn week later vir Thomas uitnooi om juis dit te doen.
Maria, oorstelp van vreugde om haar geliefde rabbi wat sy as dood aanvaar het, lewend te sien, het probeer om die opgestane Jesus te omhels (v 16). Hy het haar baie duidelik beveel om hom nie aan te raak nie omdat Hy nog nie na sy Vader opgevaar het nie (v 17). Kort daarna (toe al die dissipels bymekaar was) het die opgestane Christus aan hulle verskyn! Thomas was nie teenwoordig by hierdie geleentheid nie (vv 19-21). Toe die ander dissipels hom later vertel dat hulle Jesus lewend gesien het, het hy met verstaanbare skeptisisme reageer (v 24). Agt dae later verskyn Jesus onverwags weer aan die disipels waar hulle bymekaar was en Thomas uitgenooi om aan hom te raak deur sy vinger in die merk van die spykers te steek en sy hand in Jesus se sy te steek (vv 26-27). Die vraag wat onmiddellik ontstaan is: hoekom het Jesus Maria verbied, maar vir Thomas uitgenooi om hom aan te raak?
Om hierdie teenstrydigheid in optrede teenoor Maria en Thomas te verstaan, moet ons die reinigingsvoorwaardes vir die Joodse Hoëpriester op die Groot Versoendag, verstaan. Die Hoëpriester was verbied om in aanraking te kom met enigiets wat seremonieël onrein was, om sodoende te verseker dat hy nie gediskwalifiseer word daarvan om die daaropvolgende dag God se teenwoordigheid te mag binnegaan nie. Geweldig baie het afgehang van hierdie rituele reinheid!
Baie kort na sy opstanding, sou Jesus (as ons ewige Hoëpriester) met sy offerbloed gaan bedien in die hemelse tabernakel (Heb 9:11). Dit is insiggewend dat Jesus agt dae na sy opstanding aan die disipels verskyn en dán vir Thomas uitnooi om hom aan te raak, want dit neem sewe dae om ʼn priester te orden (Eks 29:35).
Die mees waarskynlike rede vir Jesus se opdrag aan Maria het te doen met die feit dat Hy vasbeslote was om in die hemelse tabernakel in te gaan in ʼn geheiligde staat, gereed om te bedien. Rituele onreinheid sou nie ʼn sonde gewees het nie, maar sou hom diskwalifiseer (vir ʼn bepaalde tyd) om God se teenwoordigheid te betree. Daar kon enige van ‘n aantal redes wees waarom Maria moontlik as onrein beskou was op daardie stadium (menstruasie, die feit dat sy ʼn graf betreë het, ens.) – Jesus se priesterlike sending was heeltemaal te belangrik om enige moontlikheid van mislukking toe te laat. Teen die tyd wat Jesus Thomas tegemoet gegaan het, was sy priesterlike taak afgehandel. Hy het teruggekeer ná die afhandeling van sy pligte en moontlike ontreiniging was nie meer ʼn kwessie nie.
Jesus se rol as profeet is vervul gedurende sy aardse leeftyd. Sy rol as koning moes nog realiseer teen die tyd van sy hemelvaart. Hy moes eers as priester gewy word en sy priesterlike amp uitvoer in die hemelse tabernakel! Niks kon toegelaat word om sy priesterlike sending in gedrang te bring nie.