Kom ons begin met die Christelike geloof. Eenvoudig gesê, die Christelike geloof beskou egskeiding as tragedies, of dit nou deur Bybels aanvaarbare omstandighede meegebring is of nie. Egskeiding het hoegenaamd geen positiewe betekenis in die Christelike denke nie.
Om die waarheid te sê, een van die hoof Skriftgedeeltes wat deur Christene aangaande egskeiding aangehaal word, is ʼn stelling deur die profeet Maleagi: “Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding” (Mal. 2:16, Nuwe Vertaling), en kan ʼn Christen egskeiding slegs as negatief beskou. (Ons sal in toekomstige plasings sien dat daar ernstige twyfel bestaan oor hierdie vertaling uit Hebreeus).
Maar wat van Judaïsme? Beskou Judaïsme egskeiding dan as positief? Nee, maar dit het ook nie ʼn inherente negatiewe beskouing daarvan nie. Egskeiding word beskou as ʼn noodwendige stap, in ʼn gebroke wêreld, vir egpare wat waarlik tot die punt gekom het waar hulle nie langer met die huwelik kan voortgaan nie.
Egskeiding in Judaïsme is nie ʼn ere-embleem nie, maar – anders as in die Christelike geloof – is dit nie uit die staanspoor uit ʼn tragedie of sonde nie. In Judaïsme word egskeiding toegelaat vir verskillende kwalifiserende redes. Terwyl Judaïsme egskeiding nie sien as iets wat verkies of nagestrewe word nie, maar iets wat nieteenstaande regverdigbaar is onder sekere omstandighede (soos huweliks ontrouheid, gesinsgeweld of egteliede verwaarlosing).
Met ander woorde, Judaïsme erken iets wat Christelike geloof in die algemeen nie aanvaar nie: Die enigste ding erger as egskeiding is ʼn ongelukkige huwelik.
Terwyl seergemaakte kinders ʼn byproduk is van amper enige egskeiding, sal die waardes en gebeure in ʼn ongelukkige huwelik, wat kinders daagliks beleef, vir hulle ʼn groter beletsel wees tot gelukkige, vervulde en produktiewe lewens as toekomstige volwassenes as die tydelike pyn van ʼn emosioneel veranderde lewe.
Wat dink julle, vriende? Is hierdie omtrent reg of het ek die Christelike of Joodse posisie vekeerd beskryf? (Uiteraard is dit meer gekompliseerd, maar ons sal hierdie belangrike onderwerp in meer diepte ondersoek in die komende weke).