In Markus 7 lees ons van ‘n hewige debat tussen die Judese Farisieërs en Jesus ten opsigte van die feit dat Jesus se Galilese dissipels nie ‘n belangrike Farisiëse instelling, wat jare terug ingestel is, onderhou het nie.  Hierdie instelling het daarmee te doen gehad dat daar ‘n voorgenome behoefte is, om voordat skoon en geskikte voorbereide voedsel geëet word, ‘n persoon ook hul hande moes was om te veseker dat iets wat reeds heilig is, nie per ongeluk ontheilig word nie.  Ten tye daarvan toe van hierdie konflik in Markus 7 vertel is, het hierdie Farisiëse instelling reeds “’n tradisie van die Ouderlinge” geword en is sodanig, met groot agting, deur die meederheid Judeërs hanteer. (verse 1 – 4)

Terwyl Jesus vir Jesaja aangehaal het, het hy die Farisieërs daarvan beskulding dat hulle die Tora se gebooie verwaarloos en in die plek daarvan ‘n mensgemaakte tradisie aanhang. (vers 8) Jesus spreek toe die skare aan en sê: “Niks wat van buite af in ‘n mens ingaan, kan hom onrein maak nie; maar die dinge wat uit ‘n mens uitkom, dít maak hom onrein” (vers 15, Nuwe Vertaling). Hierdie was slegs ‘n opsomming van die reëls rakende ligaamsuitlatings soos uiteengesit in Levitikus 15.  Hierdie liggaamsuitlatings kom vanuit die liggaam en gaan nie daarin nie.  Volgens Jesus, is daar ‘n baie dieper geestelike werklikheid hierin verborge – naamlik, dat alle kwaad vanuit die menslike hart na die wêreld uitgaan (bedoelende vanuit die binneste en nie anders om nie). (verse 20 – 23)

Sommige het, tereg opsoek na die intense Joodse karakter van Markus se evangelie, verkeerdelik voorgestel dat vers 19 (Dus het Hy alle voedsel rein verklaar) ‘n redaksionele toevoeging is wat tot die oorspronklike teks deur heidense Christene bygevoeg is, wie nie in Joodse kwessies belangstel nie gemaak is.  Ek stel egter voor, dat hierdie denkrigting, eintlik ‘n integrale deel is van Markus se baie Joodse argument!  Die wet op liggamsuitlatings is ‘n voorbeeld daarvan.  Deur om die Tora teen die Farisieërs te verdedig, handhaaf Jesus ‘n jarelange Galilese Joodse tradisie dat voedsel nie ‘n Israeliet onrein kan maak nie, want in die Tora werk dit andersom!

BEGIN YOUR JOURNEY OF DISCOVERY

LEAVE A REPLY

Please enter your name here
Words left: 50
Please enter your comment!