Om verskeie redes tree hierdie onderwerp deesdae weer sterk na vore. Die vernaamste is dat Christenkerke wêreldwyd, verteenwoordigend van byna elke groot Christelike denominasie, in die afgelope 20 jaar baie meer bewus geword het van die Joodse identiteit van hulle Redder en Koning. Dit is natuurlik wonderlik.
Die eenvoudige vraag is gewoonlik: ”Moet Christene die Joodse feeste vier?” Myns insiens, is daar ʼn aantal probleme met hoe die vraag geformuleer word.
Eerstens skyn dit dat die aanname gemaak word dat “Christene” lede van ʼn nie-Joodse beweging is, totaal onverbonde aan enigiets te make met Israel. In aggenome wat ons weet van die Joodse agtergrond van die Nuwe Testament, is dit duidellik foutief.
Tweedens word daar gepraat van die Feeste van die Here as “Joodse feeste” asof hierdie feeste nie deur God self ingestel is nie – wat tog duidelik impliseer word deur die Bybelse terminologie. Dit is slegs wanneer ons uit Bybelse perspektief (in plaas van teologiese perspektief) na die vraag kyk, dat ons besef ons vra die verkeerde vraag. Verkeerde vrae lei opregte en vrome mense na verkeerde antwoorde.
Derdens, is die woordjie “moet”, ʼn groot problem. Onbewustelik plaas dit weer die kollig op die Protestants-Katolieke, 16de-eeuse kwelpunt van persoonlike redding (geloof versus werke).
Ek sou graag die vraag anders bewoord, sodat dit, alhoewel miskien bietjie meer omslagtig, die Bybelse konteks beter belig:
“Behoort ʼn volgeling van die Joodse Christus – spesifiek ʼn volgeling wat nie ʼn Israeli is nie maar ʼn lid van ʼn ander bevolkingsgroep – die ‘Feeste van die Here’ as heilig te beskou?”
Hierdie vraag se antwoord is duidelik – JA. Die vraag is nie “of” nie, maar “hoe” kan nie-Joodse volgelinge van die Joodse Jesus die Feeste van die Here hou in verbondskap en venootskap met Israel, terwyl hulle ten volle die kragtige implikasies besef wat spruit uit Jesus se lewe, dood, opstanding en hemelvaart.
Dis baie interessant om te merk dat Christenkerke, veral in die Katolieke en Oos-Ortodokse denominasies, nooit vereis het dat gelowiges moet ophou om die Feeste van die Here te gedenk nie.
Inderwaarheid het beide hierdie denominasies (asook ʼn aantal Protestante denominasies) gereeld sekere belangrike Bybelse feeste herdenk met spesiale dienste. Ongelukkig het hulle gewoonlik hierdie gedenkdienste doelbewus op ander dae gehou en nuwe rituele en tradisies ingestel, wat soms ingedruis het teen Bybelse voorskrifte.
Nie-Joodse volgelinge van Jesus word vandag opnuut aangemoedig om te verenig met die volk van Israel, deur, onder andere, Christus-gesentreede herdenking van die Feeste van die Here en hierdeur te ervaar dat hulle self deel het aan die Gemenebes van Israel.